Back to Store

Bee's Books

Funky Fotoplakboeke: Stap-vir-stap
Zoom
Good

Funky Fotoplakboeke: Stap-vir-stap

By Annamé Wolmarans

Synopsis

Funky Fotoplakboeke Stap-vir-Stap is Anname Wolmarans se tweede boek oor die ongelooflik gewilde stokperdjie scrapbooking, soos almal daarna verwys. Hierdie boek bied 'n groot verskeidenheid nuwe, funky fotoplakboekidees, en almal van beginners tot gesoute scrappers sal byval vind by Annamë se interessante maniere om fotoplakboekbladsye vol kreatiewe lewe te blaas.
Nuwe, opwindende tegnieke soos vergulding.
loodglaswerk en blinkerkuns
Stap-vir-stap instruksies met volkleurfoto's
Patrone, variasies en interessante idees
Nuwe toerusting
Hoe om jou eie album te maak
Gebruik enigiets van draad en lint tot servette en klei
Maak rosette, versierings wat uitpop, kaleidoskope en vele meer
Funky Fotoplakboeke Stap-vir-Stap sal jou inspireer en aanspoor om al jou foto's en kosbare aandenkings te gaan uitsnuffel en deel te maak van 'n unieke fotoplakboek. Soos Anname sê: 'As die Scrap-gogga jou eers gebyt het, is daar geen keer nie!' So waarvoor wag jy?
Nå die sukses van haar eerste boek, Skep jou eie Fotoplakboek (ook deur Struik) het Anname Wolmarans nog meer kreatiewe tegnieke vir hierdie gewilde stokperdjie geskep. Haar passie vir kuns en unieke skeppingsvermoë kom duidelik na vore in haar werk en inspireer almal wat haar werkswinkels en demonstrasies bywoon.
Sagteband
Soos nuut
BBGI
BBAF
BBMOM

Condition: Like New

Investment

R25.00