Back to Store

Bee's Books

Paljas & Die Storie van Klara Viljee
Zoom
Good

Paljas & Die Storie van Klara Viljee

By Chris Barnard

Synopsis

Die draaiboeke
PALJAS
Die verhaal van 'n wonder wat met 'n gesin gebeur het.
Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrik McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie, is vasgevang in 'n saai liefdesverhoud-ing. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie.
Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk...
DIE STORIE VAN KLARA VILJEE
Klara Viljee laat vir haar 'n huis bou agter 'n duin sodat sy nie meer die see kan sien nie. Sy het die see afgesweer omdat dit geliefdes van haar weggeneem het. Soos vir Pietman.
Maar op 'n dag sien die dorpsmense dat sy die duin aan't wegsleep is met 'n damskrop en donkie. Waarom wil sy nou versoen raak met die see? Waarom weier sy hulle hulp? Is hulle skuldig aan iets?
Sagteband

Condition: Good

Investment

R75.00