Back to Store

Bee's Books

Ursula
Zoom
Good SKU: WA20022

Ursula

By Mikro

Synopsis

Ursula, die meisie wat soek soek na die doel van die lewe, na sin en waarde, na vastigheid in die wanorde waarin die jeug hom bevind. Sy het die veilige vesting van haar ouerhuis op die platteland verlaat om in Kaapstad te gaan werk. In 'n tweederangse losieshuis onder bestuur van Ma-lief met haar mansoek-dogters, Lilly die leƫ skoonheid en te midde van die ander loseerders, het sy geleer dat die lewe baie fasette het - te veel om altyd te begryp.
URSULA is 'n sterk verhaal met karakters wat lewe werklik lewe. Dit is 'n roman wat slegs deur 'n skrywer soos Mikro geskryf kan word, want dit gryp diep en vas in die leser se gemoed. Hierdie werk van Mikro wat hy, na bespreking van die tema, spesiaal vir Keurbiblioteek geskryf het, is nooit deur hom voltooi nie. Op 17 April 1968 het die dood hom oorval voordat hy die laaste twee hoofstukke kon skryf. Die skrywer C. F. Beyers-Boshoff is versoek om dit te voltooi 'n werk wat nie vir die Afrikaanse letterkunde verlore mag gaan nie, want met URSULA het Mikro 'n nuwe skryfrigting ingeslaan wat bewys dat hy, sedert die dae van sy TOIINGS, een van ons groot skrywers was.
Hardeband
Bevat tekens van gebruik, insluitende geel kleefbandvlekke voor- en agter in die boek
Bevat natuurlike geelvlekke
Heel en leesbaar met baie karakter
Nie geskik vir versamelaars wat op soek is na foutlose boeke nie

Condition: Fair

Investment

R35.00