Die Geur van Jasmyn
By Maryna van Bergen
Synopsis
Hierdie is die verhaal van Jenny du Plessis, van die hartbreker Ray Lategan en van die altyd-korrekte dokter Quintus le Roux.
Gedurende die somervakansie voordat sy op Skoonstroomi as verpleegsuster begin werk, ontmoet Jenny die aantreklike Ray Lategan op die strandoord waar sy saam met haar ouers vakansie hou. Skielik is die vooruitsig om op 'n wildvreemde dorp te gaan werk, vir haar opwindend, want die gedagte dat Ray 'n dokter op Skoonstroom is en sy hom elke dag sal sien, laat haar hart sommer vinniger klop.
Maar hoe anders verloop haar aankoms en die eerste aantal dae op Skoonstroom nie as wat sy gedink het nie! Waarom is dokter Quintus le Roux haar van die begin af vyandiggesind? En waar kom die openlike vyandskap tussen Ray en Quintus vandaan?
Eers veel later besef Jenny dat eerste indrukke misleidend mag wees, en dat 'n mens nie aan die liefde kan voorskryf waar en wanneer dit in jou hart moet kom nie. Soos sy een aand opeens bewus word van die geur van jasmyn wat haar kamer al dae lank vol lĂȘ, so besef sy dieselfde aand dat sy lief gekry het, dat die liefde al wie weet hoe lank in haar hart sluimer
Die geur van jasmyn is die eerstelingverhaal van die belowende jong skryfster Maryna van Bergen, 'n verhaal wat vir haar sommer groot gewildheid van meet af aan gaan verseker.
Hardeband
Geel kleefbandvlekke binne die omslag en naam voorin geskryf
Verder uitstekende kondisie
BBAF
Condition: Good
Investment
R20.00