Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal
By JC Steyn
Synopsis
Hy wat Raka, Germanicus, Liberale Nasionalisme en Tristia geskryf het, digter van "Die hond van God", "Klipwerk" en "Groot ode", skepper van uitdrukkings soos "voortbestaan in geregtigheid", "lojale verset" en "die oop gesprek" - hoe 'n mens was hy, N.P. van Wyk Louw?
Die antwoord lê opgesluit in hierdie lewensverhaal. Indringend skryf J.C. Steyn oor Louw as kind op Sutherland; as opvoedkundige in Kaapstad, Amsterdam en Johannesburg; as skrywer, letterkundige, filosoof, kultuurleier; as minnaar en eggenoot. Wanneer Steyn sy persoonlikheid opsom, besluit hy dat Louw 'n merkwaardige mens was, maar iemand wat ook volgens 'n vriend soos Hellinga "een uitermate moeilijk te begrijpen man" was. 'n Man met die Aureliaanse "outydse opregtheid en stoer deugde", iemand met 'n obsessiewe streep oor sekere sake en mense. Sy lewe is gekenmerk deur vurigheid en geesdrif; sy kreatiewe werk is met "redelike besetenheid of 'n besete redelikheid" verrig. Teenoor vreemdelinge was hy beskroomd, maar gesagsfigure het hom nie geïntimideer nie - hy kon hulle beginselvas teëgaan. Hy het beskik oor intense en enorme intellektuele nuuskierigheid, had "die byna Proteus-agtige vermoë om, ondanks die diep gewortelde twyfel van 'n kunstenaar, homself telkens en telkens te vernuwe" soos sy broer W.E.G. Louw dit stel. Louw het 'n Spartaanse element in sy lewenswyse gehad, 'n sin vir humor, en 'n fenomenale verstand en geheue.
Steyn verbind Louw se lewensbesonderhede met sy omvangryke en geskakeerde letterkundige en filosofiese werk, skets die ontstaansgeskiedenisse, gee besprekings, toon aan hoe dit krities ontvang is. Talle voorheen ongepubliseerde artikels, toesprake, onvoltooide tekste en radiopraatjies word ingesluit, naas Louw en andere se aangrypende, soms onthutsende briewe, aantekeninge en dag-boekinskrywings.
Sodat N.P. van Wyk Louw in sy grootsheid, en met sy diepgaande invloed op die Suid-Afrikaanse gemeenskap, oplaas ten voete uit geteken staan. Hy wat telkens in kritieke tye ewewigtig en onver-skrokke die verknegting van die Afrikaanse geesteslewe beveg het. 'n Koki, "eensaam met sy vrees /om kosbare dinge" tussen ons.
"Dit is 'n hoogs indrukwekkende uitvoering van 'n moeilike, maar noodsaaklike en belangrike taak: om die lewe, denke en ideale van Van Wyk Louw vir ons juis in hierdie tydsgewrig voor oë te stel." Elize Botha
"Nog nooit is so omvattend en gebalanseerd oor Louw geskryf nie."
H.P. van Coller
"Uit hierdie studie staan 'n volledige persoonlikheid op ... een wat 'warts and all' uit die verf kom. Dis beslis nie 'n hagiografie, 'n heiligelewe, nie."
F.I.J. van Rensburg
"'n Monumentale werk."
J.C. Kannemeyer
"Een van die beste biografieë in Afrikaans. Treffend openhartig."
J.J. Human
Stel van 2 volumes in 'n omslag
Die omslag wys die begin van slytasie
Die boeke is soos nuut
Hardeband
BBAF
BBBIO
BBGI
Condition: Good
Investment
R400.00