Back to Store

Bee's Books

M.E.R
Zoom
Good

M.E.R

By Familiegesprek: Briewe aan haar dogter

Synopsis

Afrikaanse lesers ken M.E.R. uit haar outobiografie, haar vertellings, haar essays en haar romans as skryfster, as welsynwerker, as filosoof, as mens. So 'n kennismaking is 'n ervaring waarsonder 'n mens veel misloop.
Met die verskyning van hierdie brieweboek word daar vir ons iets tot hierdie ervaring bygevoeg, iets van M.E.R. die spesiale vriendin van haar dogter Anna.,,My ma en ek," het Anna eenkeer ná M.E.R. se heengaan gesê,,,kon 'n veldjie met mekaar deel. Dit was deel van ons vriendskap."
In hierdie briewe, uitgesoek uit 'n klompie wat deur die jare bewaar gebly het, kry ons die beeld en neerslag van 'n heel besondere vriendskap tussen twee heel besondere mense. Daar was weinig velde wat hulle nie met mekaar gedeel het nie, met begrip en plesier en sonder enige sentimentaliteit. Die gevolg is dat hierdie briewe van M.E.R. aan haar dogter feitlik nog 'n bundeltjie essays en vertellings van die skryfster is, maar met die spesiale sfeer en warmte wat net briewe kan hê, briewe van 'n ma aan 'n dogter met wie sy 'n egte vriendskap het; briewe oor die vertroude dinge
Hardeband
BBAF
BBCol

Condition: Good

Investment

R50.00