Back to Store

Bee's Books

Die Stil Moord
Zoom
Good SKU: H30430

Die Stil Moord

By Jan H Schutte

Synopsis

Kan 'n man werklik so vas slaap dat hy nie eens agterkom sy vrou word langs hom in die bed vermoor nie? Dit is Bill West se storie toe sy vrou, Ina, langs hom doodgesteek word. En Wim Britz moet bewys dat hy die waarheid praat.
Wim begin delf en skielik is alles 'n warboel want daar is meer verdagtes as wat hy ooit kan opvolg. Ben Steyn, bankbestuurder en vriend van Bill kan die moordenaar wees as hy 'n motief het. En die ryk Eksteens? Kon hulle dit gedoen het? Len Eksteen het 'n motief
Of is dit die ander private speurder, Shafner? Hy tree uiters verdag op. Maar waarom maak hy 'n aanslag op Bill se lewe? Of was die koeƫl nie vir Bill bedoel nie, maar vir Wim? Dit kan egter ook daarop dui dat Ina nie die slagoffer was nie, dat die aanvanklike moord dalk op Bill gemik was.
Wim Britz het met 'n turksvy te doen en die ergste van alles is dat daar te veel leidrade is wat opgevolg moet word .. en almal loop dood.
Die stil moord is 'n speurverhaal uit die boonste rakke met 'n verras-sende einde.
Hardeband
Ligte tekens van gebruik
BBAF

Condition: Good

Investment

R25.00