Back to Store

Bee's Books

Plek van die Dooie Geeste
Zoom
Good SKU: H40394

Plek van die Dooie Geeste

By HS van Blerk

Synopsis

Wat is dit wat Zirk Immelman laat besluit het om daardie moordende woestynekspedisie mee te maak? Was dit die Boesmanlegende oor die verborge skatte diep onder die sandkors van die aarde, of was dit omdat die stil, donkerkopmeisie deel van die ekspedisie was ?
Vir Renate was dit oorspronklik net 'n vreemde, opwindende soort vakansie saam met miljoenêrsvriende en professor Greunewal, wat op die spoor van 'n verlore stad in die Kalahari was. Maar toe vind hulle meer as net argeologiese wonders, en ontaard die soekgeselskap in gierigaards wat nie meer hul beste makkers sou ontsien nie.
Met sy briljante gawe om te fantaseer. lei H. S. v. Blerk ons in hierdie boek deur ervaringe wat nooit in die gewone verbeelding sou kon bestaan nie. Die leser beleef die doodsgevare van die woestyn saam met die karakters, en staan saam met hulle in ademlose verwondering wanneer hulle op die geheime skag afkom wat met spiraaltrap-pe diep in die donker rykdom van die aarde afwentel
Hardeband
Bevat tekens van gebruik
BBAF
BBHOR

Condition: Fair

Investment

R20.00