Back to Store

Bee's Books

Rosita met die Swart Rapier
Zoom
Good SKU: H20046

Rosita met die Swart Rapier

By Toek Blignaut

Synopsis

Die meisie met die wilde bos vlamrooi hare stap uitdagend, heup-swaaiend die tappery binne. Met haar fyn neusie in die lug, ken parmantig gelig, steur sy haar nie aan die rowwe seelui by die tafels se begerige blikke nie.
Sy maak ook asof sy die misnoeë op die herbergier wat agter die kroegtoonbank staan, se gesig nie raaksien nie.
,,'n Glas wyn asseblief, mijnheer Huygens," bestel sy hovaardig.
„Rosita, het ek jou nie verlede week reeds verbied om hierdie tappery weer binne te kom nie?" Claas Huygens se gewoonlik so goedige volmaangesig is rooi van ergernis.,, Miskien het jy vergeet hoeveel amok jy hier veroorsaak het? - Kyk daar: My deur is nog stukkend, twee van my stoele flenters en twee ruite daarmee heen."
„Dis nie mý skuld nie, die mans was dronk. My wyn, asseblief!" beveel sy uit die hoogte, haar heldergroen oë gebiedend op die herbergier.
Claas kyk hulpeloos na die astrante meisie maar hy voldoen nie aan haar versoek nie. Hy is radeloos met haar maar daar is sover hy weet, geen wet aan die Kaap die Goeie Hoop in hierdie jaar...
Hardeband
Heel met tekens van gebruik
BBAF

Condition: Good

Investment

R25.00