Nagte wat Fluister
By Maria M Bekker
Synopsis
Hierdie verhaal is nie slegs 'n meesleurende romantiese vertelling nie. Die leser is ook uit die staanspoor midde-in 'n ontvoering en ervaar saam met die verhaalkarakters angs, magteloosheid en intense kommer.
Dis karakters wat mens bybly, die mense wat die skryfster hier aan jou voorstel. Mense soos Org en Susan Joubert en hulle pragtige klein Tanya; Tanya wat moet beleef wat alle ouers vrees dalk met húlle kinders kan gebeur.
Daar is ook die pragtige Karin Erlank, 'n joernalis wat droom van háár groot trefferberig op die koerant se voorblad, asook Christof Eybers, haar verloofde. Wanneer hy terugkeer uit die buiteland om haar te verras, is sy juis weg op die spoor van daardie eksklusiewe trefferstorie.
Maria M. Bekker se Nagte wat fluister is 'n pakkende vertelling, 'n greep uit die werklikheid, maar dit is ook 'n verhaal van die vreugde van die liefde wat blom, en 'n Hoër-hand wat waak oor die verloop van die mense se lewens.
Hardeband
Vorige biblioteekboek
Bevat 'n herstelling in die middel
BBAF
Condition: Fair
Investment
R20.00