Back to Store

Bee's Books

'n Nooi so Mooi soos die Liefde
Zoom
Good SKU: H40057

'n Nooi so Mooi soos die Liefde

By Mike Heine

Synopsis

Burggraaf Gaspar du Bois hou die drie stofwolkies op die Kaapse Vlakte dop: een is van 'n koets, die ander is van ruiters.
"La Mer," sê hy aan sy blou-skimmel, "hier kom 'n ding."
Hy ry versigtig nader en sien dat sy vermoede reg is: Twee gemaskerdes het die koets voorgekeer en is besig om die passasiers te beroof.
Heleen de Haas en Berendje van der Plank kan hulle oë nie glo nie toe hulle die vreemdeling sien wat hulle te hulp snel. Dit is die aantreklikste man wat hulle nog gesien het!
Na dié voorval word Gaspar deur Heleen en Berendje na 'n dans in die Kasteel genooi, daar word tee gedrink, danslesse gegee en ure lank gekuier... totdat Rika de Lange op die toneel verskyn. Haar doel is om wraak te neem om hóm te straf vir die groot verliese wat sy deur sy toedoen gely het.
Gaan Gaspar sy sake in 't Vlek afgehandel kry voordat Rika toeslaan? En hoekom wil Michiel van der Heide óók vir Gaspar dood hê?
'n Nooi so mooi soos die liefde deur die bobaasskrywer van ou-Kaapse verhale, Mike Heine, is 'n opwindende ou-Kaapse vertel-ling, propvol aksiebelaaide, romantiese oomblikke wat die leser end-uit sal boei.
Hardeband
Baie goeie kondisie

Condition: Good

Investment

R25.00