Blink soos druppels dou
By Len Anthony
Synopsis
Neem een deel romantiek, een deel avontuur en deel drama en plaas dit in die hande van 'n fyn roman-kunstenaar soos LEN ANTHONY. Voer hulle na die wye, grootse noorde van Suidwes Afrika, daar waar dorpies ver vanmekaar af is en waar 'n mens elke aand se skemerte oor die veld kan sien aankruip. Die resultaat daarvan is BLINK SOOS DRUPPELS DOU. Soos elke roman van LEN ANTHONY, handel hierdie verhaal oor die fynste, die mees verborge emosies van mense. 'n Meisie, Madelein, wat geleer het om haar emosies vir haarself te hou, in daardie dae nadat sy as kind meteens niemand gehad het met wie sy haar vrese en haar kwellings kon deel nie. Neville, die man wie se woorde en dade nie ooreen kon stem nie omdat hy twee standaarde gehad het waarmee hy meet. Meiring, die vreemdeling wat so kon verander wanneer hy 'n kitaar in sy hande neem maar selfs dan was dit net vir 'n oom-blik. En Dewald met die onsekerheid in sy oë. Lornette in die rebelsheid van haar jeug. Tania wie se eerste hartseer gekom het voordat sy ses jaar oud was. En, onafskeidbaar van die skrywer, is daar Leendert van Wyk, briljant maar afsydig BLINK SOOS DRUPPELS DOU vertel van die mooiste oomblikke in hierdie mense se lewens. Ook van hul hartseer want hartseer is deel van elke mens se lewe. Ook van hul wreedheid in daardie kille oomblikke van woede. Van hul verlangens wanneer hulle alleen is in Suidwes se donker, stil nagte en wanneer dit nie nodig is om hul maskers op te hou nie. Dit begin daardie dag wanneer die testa ment van Johannes A. Malan gelees, en Madelein Winters se lewe meteens verander word. Dit eindig'n leeftyd later, so ver rassend soos net LEN ANTHONY 'n verhaal kan swaai.
Hardeband
Duidelike tekens van gebruik
Geskik vir lesers wat inhoud bo nuwe kondisie verkies
BBAF
Condition: Fair
Investment
R15.00