Back to Store

Bee's Books

Skat van die Tuares
Zoom
Good

Skat van die Tuares

By FJ Yssel

Synopsis

Die reën suis nou al dae aaneen oor Johannesburg neer. 'n Yswind sny om die hoeke en dit laat die paar mense wat teen hierdie tyd nog op straat is, gebukkend daarteen skerm, die krae van hulle reënjasse hoog opgeslaan. Oral oor die blink teerstrate dans die weerkaatsing van die gekleurde neonligte weg en dit omskep die omgewing tot 'n sprokiesland. Enkele motors swiep nog verby, maar weldra word dit stiller en kan mens selfs die klik-klak van die verkeersligte hoor soos hulle van die een kleur na die ander...
'n Motor kom meteens om 'n hoek gesnel en hou voor 'n luukse-woonstelgebou in Hillbrow stil. Flink en regop klim die jong man uit, rek eers sy ses-voet-vier-duim-gestalte slag en dan stamp hy die motordeur toe en sluit dit....
Sagteband
Vintage kondisie
Bevat baie tekens van gebruik
1963
BBAF

Condition: Fair

Investment

R25.00