Back to Store

Bee's Books

Bloeisels vir jou, Elani
Zoom
Good SKU: H50458

Bloeisels vir jou, Elani

By Nita Griessel

Synopsis

Wanneer die hospitaal in die stad waar verpleegsuster Elani Wiehahn werk, gereedmaak vir die koms van dokter Wilhelm Lochner, is almal in rep en toer oor die aankoms van dié briljante chirurg wat oorsee verder studeer het.
Net Elani deel nie haar kollegas se opgewondenheid nie want ses jaar gelede was dié dokter Lochner in 'n motorongeluk betrokke... 'n motorongeluk waarin haar moeder die lewe gelaat en sy, gestroop van enige verdere ideale, haar ma se plek in die huis moes inneem om haar jonger suster en broer te versorg.
Vanuit die staanspoor spat die vonke behoorlik tussen Elani en Wilhelm - 'n snydokter wat die mes soos 'n meester hanteer... en iets wat in 'n mate Elani se bewondering afdwing.
Wilhelm kan haar antagonisme glad nie verstaan nie. Trouens, hy voel vreemd aangetrokke tot die suster wat so koeltjies teenoor hom optree - veral omdat haar oë hom herinner aan 'n paar oë wat hy lank gelede, voor sy vertrek oorsee, gesien het toe hy byna 'n opgeskote jong meisie op haar fiets met sy motor raakgery het... Maar iets het hom bly ontwyk totdat hy eendag 'n ontdekking doen en skielik ook besef wat dit is wat Elani teen hom hou.
Louw Burger, aan wie Elani op haar stiefpa se verjaardag sou verloof raak, sien al hierdie dinge met 'n benoude beklemming om sy bors en hy weet dat ook hy 'n keuse sal moet doen.
Maar voor dié dag aanbreek, raak Elani se stiefpa ernstig siek en leer sy op 'n vreemde manier watter eienaardige paadjies die liefde soms loop.
Bloeisels vir jou, Elani is 'n aangrypende verhaal deur 'n bekende skryfster.
Hardeband
Vintage kondisie

Condition: Fair

Investment

R25.00