Back to Store

Bee's Books

Wanneer die sonbesies sing
Zoom
Good SKU: H30254

Wanneer die sonbesies sing

By Heleen de Klerk

Synopsis

Sonja Malan verhuis uit die Kaap waarvoor sy baie lief is, na 'n klein Bosvelddorpie, Rustendale, om 'n nuwe lewe te begin. Sy neen haar uit die staanspoor voor om net haar werk as Wetenskaponderwyseres te doen en nie by enigiemand persoonlik betrokke te raak nie.
Sy raak gou bevriend met Marie Redelinghuys, die goedige koshuismatrone; Daniël Truter, Marie se broerskind; Pieter van der Walt, die wewenaarskoolhoof, en Thea Vermeulen, die skool se enigste oujongnooi. Toe sy egter met Daniël én Pieter uitgaan, veroorsaak dit konflik, want Thea is lankal op Pieter verlief. Boonop wil Melissa Tredoux, die beeldskone model, hom ook he Dan is daar nog Tina, Pieter se dogter, wat deur Thea as die skrik van die skool bestempel word. Sonja besef gou dat Tina net 'n verwarde en bitter ongelukkige kind is en besluit om haar te help.
Toe Melissa en Daniël besef dat hulle Sonja jare tevore een keer gesien het op 'n onthaal van die skatryk Duitser, Ulrich Kraft, wat bekend is vir sy liefde vir mooi vroue is die vet in die vuur. Melissa besluit terstond om Sonja se verlede oop te krap en haar skandes te laat bekend word.
Wanneer die sonbesies sing is 'n verhaal vol begrip oor die hartseer in elke mens se lewe en is keurig geskryf deur 'n gewilde skryfster.
Hardeband
Vintage kondisie
BBAF

Condition: Fair

Investment

R25.00