Die einde van die pad
By Paula
Synopsis
Die De Vos-huisgesin, mamma Maryke, pappa Len, Stéfan en André, se geluk ken geen perke nie wanneer dokter Pierre Herholdt André se vroutjie, Suna, se vermoede bevestig dat sy verwagtend is. Selfs al beteken dit dat sy nie die inwyding van hulle ski-klub, en van die groot dam op die spogplaas, Driehoek, wat pappa Len vir sy tweelingseuns gekoop het, kan bywoon nie.
Hulle familie en vriende dra Suna deur haar moeilike tyd maar alles verloop volgens plan en op sy tyd word die derde Eduard Mellen in die De Vos-familie die skakel in die stamnaamketting - gebore.
Saam met die geboorte van klein Edu kom daar egter 'n verandering in Suna en die groenoogmonster van jaloesie dryf bykans die idilies-gelukkige De Vos huisgesin uitmekaar. Suna en André moet saam met pappa Len, mamma Maryke en Stéfan harde bene kou voordat hulle die einde van die pad bereik.
In hierdie, Paule se vyftigste boek, in haar vyftigste skryfjaar, volgens haar haar heel laaste, bereik hierdie geliefde skryfster 'n standaard wat moeilik geëwenaar sal word.
DIE EINDE VAN DIE PAD is ook die laaste boek in die trilogie wat Kosbaar soos Korale en Verre Vlugte na Geluk insluit en, soos met die vorige twee romans, plaas PRONK BOEKKLUB sy stempel van gehalte, die Pronk-Pou, met trots op hierdie boek.
Hardeband
Vintage kondisie
BBAF
Condition: Fair
Investment
R20.00