Olka Bolka
By Toon Botes
Synopsis
Sonlig stroom by die venster in en verdryf die donker golwe van bewusteloosheid waarteen ek die afgelope twee, drie dae moes veg.
Die pragtige verpleegster met die bruin oë met die goudstippels en donker hare se naam is Estelle. Myne... ken ek nie. Luitenant Van Rhyn het my "Boet" gedoop, al byt hy nie eintlik aan my geheueverliesstorie nie. My verlede is net so duister soos my toekoms.
Wie is ek? Dalk 'n misdadiger? Hoe kom ek hier in die hospitaal? Wie het my so opgefoeter? Vrac en nogmaals vrae wat my snags laat wakker lê...
Na 'n aanslag op my lewe nooi Estelle my saam na haar ouers se plaas. In die pragtige natuurskoon raak ons baie geheg aan mekaar. Maar ek moet weggaan, want die agtervolgers is warm op my spoor en êrens wag my verloofde wat ek nie ken nie.
Toon Botes se Olka bolka is 'n eersteling-roman, maar dit is spannend, humoristies, slim... 'n waarborg vir suiwer leesgenot!
Hardeband
Vintage kondisie
BBAF
Condition: Fair
Investment
R20.00