Fiësta van die dood
By Willie Martin
Synopsis
Hoe lank Minette so gesit het, voor sy merk dat Don Rodrigo wakker geword het, weet sy nie. Sy word bewus dat hy haar dophou, dat sy ou hand stywer om hare klem.
"Ek het my sat gedink," fluister hy skor, skaars hoorbaar bo die geloei van die wind daarbuite. "Ek wou graag iets vir jou doen. Nou weet ek ek het geen erfgenaam nie. Jy sal my erfgenaam wees. Las Plu-mas..
Sy woorde is onsamehangend, maar dit maak tog sin en wat hy daar sê, laat haar verstar sit van skok.
Las Plumas, die plaas in Argentinië is 'n klein koninkrykie en behoort aan Don Blas, Minette se vader se grootste vyand.
Toe Minette, 'n studente aan Pretoria Universiteit, 'n dringende telegram van haar vader ontvang het om dadelik huis toe te kom, het sy onwillig van haar nuutge-vonde liefde afskeid geneem en vertrek na Rio Grande, haar geboorteplaas. Min het sy geweet dat hierdie reis haar hele lewe sou verander.
Sy maak kennis met 'n sterwende man op 'n boot en op Las Plumas wag daar nog vreemder verwikkelinge toe sy kennis maak met 'n geheimsinnige vreemdeling, Juan Marco teen wie sy van hulle eerste ontmoe-ting af oorlog verklaar. Op 'n fiësta kom sy en hy teenoor mekaar te staan in 'n geveg waar net een kan wen.
Wille Martin se jongste roman is weer 'n bewys dat sy 'n meester is om 'n verhaal van liefde en intrige op 'n spannende wyse te vertel.
Hardeband
Vintage kondisie
BBAF
Condition: Fair
Investment
R20.00