Waar die Kiewiet Roep
By Anna Penzhorn
Synopsis
Estelle de Winter was in baie opsigte 'n bevoorregte nooi met meer seëninge bedeeld as die gemiddelde meisie. Sy was mooi, begaafd en as enigste kind kon sy boonop ook op die De Winter-skatte aanspraak maak. Maar al hierdie gawes ten spyt, was Estelle nie gelukkig nie, want moeder De, Winter sou toesien dat haar dogter nie sommer met elke Jan Rap of sy maat trou nie; dit sou 'n man moes wees wat die De Winter-miljoene kon hanteer.
Maar Estelle het reeds haar hart onvoorwaardelik aan Rudolf de Wet gegee, wat saam met haar aan dieselfde universiteit studeer. Rudolf koester egter geen groter begeerte nie, as om hom as veearts te bekwaam sodat hy genoeg fondse bymekaar kan maak om mettertyd na Heuningkrans, die familieplaas, terug te kan gaan.
Aan skatte en klatergoud het Rudolf geen erg nie, maar om Heuningkrans op die Vrystaatse vlaktes, het Rudolf se hele be-staan gewentel. Oor die groot stilte op die plaas het Rudolf teenoor Estelle opgemerk: „Die geheim is, jy moet deel word van die stilte. Dit moet ook stil word in jou!"
Estelle het geweet watter ontvangs Rudolf te beurt sou val toe hy besluit om die ver-name De Winter-egpaar om die hand van hul enigste dogter te vra. Maar sy vernedering ten spyt, het Rudolf besluit dat hy sou terugkom, al neem dit ook hoe lank !
Rudolf en Estelle het egter nie rekening gehou met Gertruida de Winter nie. Sy het klaar haar dogter se toekomstige eggenoot uitgekies; en Jaque du Raan was beslis nie 'n vangs wat enige jong meisie sommer ligtelik sou versmaai nie.
Veel later toe dit vir Estelle gevoel het asof sy voor die onvermydelike kruispad in haar lewe te staan gekom het, het die een-voudige, maar opregte tant Leen gesê: „Tyd bring raad, ou kind. Mens kan nou maar eenmaal nie die gang van die liefde dwing nie. Die lewe het sy eie manier om vir 'n draai in die pad te sorg. En vir dié wat die gawe het om te wag, bly die goeie nie uit nie."
Op Estelle, Rudolf en Jaque se lewenspaaie sou egter meer as een draai opduik: onvoorsiens en selfs lewensgevaarlik. Maar hierdie draaie sou ook op die lewenspad van die hovaardige Gertruida de Winter 'n uitwerking hè.
'n Mooi verhaal, gelaai met spanning om elke draai in die pad.
Hardeband
Vintage kondisie
BBAF
Condition: Fair
Investment
R25.00