Back to Store

Bee's Books

Miekel die Koerantjoggie
Zoom
Good SKU: H50055

Miekel die Koerantjoggie

By Hester Heese

Synopsis

Vroeg die Saterdagoggend keer die veertienjarige Miekel Marais na Stellenbosch terug. Eintlik is hy nog heeltemal vreemd hier, want pas nadat hulle van die Karoodorpie hierheen verhuis het, is sy vader in 'n motor-ongeluk gedood en is sy moeder in die hospitaal opgeneem.
Gedurende hierdie tyd het Miekel by sy oupa en ouma gaan bly. Dieselfde Saterdag maak Miekel egter kennis met hul buurman se seun, die rooikop Rikus van der Merwe. Rikus help hom om sy eie ou afgeleefde fiets reg te maak en die volgende dag stel Rikus hom aan 'n aantal gawe seuns voor.
Sy moeder keer uit die hospitaal terug, geld is skaars en Miekel weet glad nie hoe hy die roos-struike sal kan koop om in die ses-en-dertig gate te plant wat sy pa nog voor sy dood vir dié doel gegrawe het nie. Dit word sy groot begeerte om dié verjaardaggeskenk aan sy ma te kan skenk.
Deur bemiddeling van Rikus word hy ook, soos 'n hele aantal van die seuns, 'n koerantjoggie. Nou sal hy die besondere geskenk aan sy moeder kan gee maar toe word sy ou fiets gestee Miekel die koerantjoggle menslike verhaal wat vir jong lesers aanbeveel kan word.
Hardeband
Vintage kondisie
BBAF

Condition: Fair

Investment

R35.00