Back to Store

Bee's Books

Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories
Zoom
Good

Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories

By Ferdinand Deist

Synopsis

As Ferdinand Deist in Pofadder en Peddelford, sy eerste bundel Sand-veldstories, vir ons 'n besondere kyk op 'n unieke wêreld en sy mense gegee het, trek hy nou in Die pomporrel-konsert die stops oop. Hy hou konsert en fees met 'n rits karakters wat seker nie simpeler as ons almal is nie, maar wat deur sy kraakdroë vertelwyse soos 'n bontspul vygies uitbars.
Kyk, hulle dans behoorlik deur dié boek. Soos Petrus. Hy kon nou ten ene male nie sy soene sekuur ingestel kry nie, nog op Anna Bovlei se monnigwordingsdans, nog uiteindelik voor die kansel. Of soos oom Wil-lem Booise. Dié sou enige kompetisie vir die vroomste mens loshande kon wen, maar toe hy die nag in 'n ander vrou se bed wakkerskrik, móés hy net uitvind of die ergste nie dalk gebeur het nie.
Jy kan ook lees van Anneries Skewekoppie: "... hy't alewig m't so 'n skewe koppie rondgeloop ennie handjies bymekaar soos 'n hotnosgot". En van Koos Môre-Trug: wat-ewwer hy by jou geleen 't, sil hy sieto-sieto die volgenne môre t'ruggebring 't". Of van Joos wat "seker mar êrens 'n los senewee in sy kop" gehad het, en toe sy pa hom voor die keuse stel om te leer of te hang, sê: "Hang, Va'er". Of suster Anna wat só min nonsens van nurste of siek mense gevat het, dat Mister Miknemára uit sy bed moes uitroep: "... fôrr Göds syk... Aaim on jórr saaid".
Met kenmerkende deernis spot Deist weer hier, trek hy sy karakters se siele uit, stroop hy hulle kaal tot op hul kwesbaarste - letterlik, soos vir Hermaans Askies. Toe die blonnekop vrouedoktertjie vir hom sê hy moet hom tot op sy "menslikheid" uittrek, "was sy tale al skoon op gewees. Hy't net kan gesê 't: 'Askies tog, ja, askies
Die pomporrel-konsert is 'n uitbundige apologie vir die onhebbelike menslike natuur wat, indien nie vlekkeloos nie, darem altyd kleurryk is. In die woorde van Meester Waalman in die titelverhaal: "Wy geven hullie vanavond darem wat voor een könsert, hè..."
Hardeband
Algehele goeie kondisie
BBAF

Condition: Good

Investment

R25.00