Back to Store

Bee's Books

Daar's vis in die punch
Zoom
Good SKU: H50304

Daar's vis in die punch

By Jackie Nagtegaal

Synopsis

Op sestien kort mens nog jou ouers se toestemming vir alles. Maar nie Charlie Koekemoer nie. Sy is van kleins af geleer om selfstandig te wees. Op drie kon sy brood smeer, op vyf hotdogs in die microwave maak... In graad elf, waar sy nou is, hanteer haar advokaat-ma en -pa haar soos 'n jong dame van twintig.
Hulle is amper nooit by die huis nie. En omdat hulle skuldig voel oor sy so baie alleen is, mag sy kom en gaan soos sy wil, probeer hulle vergoed met duur geskenke.
Sy is 'n mall rat, ry 'n Triumph Spitfire met 'n bottelgroen afslaandak, rook met styl, kuier laatnag tot ligdag in hip-hop clubs, lewe roekeloos en met passion. Totdat Mavis op 'n dag onwetend 'n dig bewaarde geheim verklap en die aarde eensklaps gaan staan.
In 'n enkele week verander Charlie se lewe onherroeplik. Niks is meer soos dit was nie. Maar ondanks alles, kry sy dit reg om sane en cool te bly. Sy skryf op haar nuwe laptop, herrangskik die files in haar kop en dans verwoed. Want soos Frida Kahlo en Isadora Duncan, die sterk vroue wat sy so bewonder, verstaan sy nou: Maak nie saak waar jy is of hoe jy dit het nie, dis alles "n kwessie van hoe jy kies.
As jy die punch deur jou tande sif en fyn sluk, dodge jy die vis.
Sagteband
Baie goeie kondisie

Condition: Good

Investment

R60.00