Back to Store

Bee's Books

Na Groen Weivelde
Zoom
Good SKU: H50042

Na Groen Weivelde

By Mara Prinsloo

Synopsis

Skielik is Thea Schoeman weer in Eben van Reenen se gedagtes. As hy nie so skrikkerig vir vroumense was nie, het hy dalk vanaand 'n uitstekende vrou aan sy sy gehad. Maar nou ja, Thea is veilig getroud, en hy nog steeds onseker oor sy toekomstige huwelikstaat - indien so iets ooit vir hom beskore is.
Wanneer 'n siek ou man in 'n afgeleefde woonwaentjie en ou motor egter op Eben se plaas, Kommietjie, opdaag, begin die poppe re dans. Die beeldskone Maranda Verster word ook 'n gas op Kommie rjie en ruk die verstokte oujongkêrel uit sy verstardheid. Het Eben uiteindelik 'n Nonnatjie vir Kommietjie gevind? Magdaleen Conra die sou egter ander idees omtrent dié saak hé. En wat van Paul Naude, Maranda se vriend in die stad-sal hý genoce neem met die feit dat sy meisie 'n Nonnatjie vir Kommietjie word?
Daar is ook die deernisvolle verhaal van die siek man en sy Sophia; Maranda se soeke en verlange na 'n vader wat sy sewe jaar gelede laas gesien het, en verwydering tussen 'n gesin wat deur die egskeidings-meule moes gaan.
Voordat rus en vrede uiteindelik op Kommietjie sou neerdaal. moes baie hartseer en trane, berou en vergiftenis deur die sentrale karakters beleef word.
Na Groen Wervelde is 'n deernisvolle verhaal wat hom in die skilder-agtige Laeveld afspeel, geskryf soos net Mara Prinsloo dit kan doen.
Hardeband
Algehele goeie kondisie
BBAF

Condition: Good

Investment

R25.00