Back to Store

Bee's Books

Kleur vir jou Tuin Regdeur die Jaar
Zoom
Good

Kleur vir jou Tuin Regdeur die Jaar

By Nancy Gardiner

Synopsis

Die betowering van kleur is tot almal se beskikking - hoe meer jy dit gebruik, hoe meer sal jy jou tuin geniet.
Hierdie boek sal jou help om die be-langrikheid van kleure, tinte en skake-rings te besef en om tussen kleure soos bloupienk en salmpienk, of rooibruin en karmosynrooi, te onderskei. Dit wys jou hoe om kleurskemas sorgvuldig te beplan eerder as om rond en bont te plant; hoe om gebruik te maak van goed geplaaste kleurgroepe wat harmonies saamsmelt, of van doelbewuste kontraste vir 'n dra-matiese effek. Tussen die uiterstes van 'n streng beheerde kleurpalet en die lukrake "kleurstrooisel-effek van kolle gemengde kleur, is daar 'n magdom treffende kombi-nasies wat hier breedvoerig bespreek en ryklik geïllustreer word.
Kleur in jou tuin is propvol praktiese wenke en raad; dit wys jou hoe om kleur ten beste te benut deur jou bewus te maak van die enorme verskeidenheid plante wat byeengebring kan word om 'n asemrowende geheelbeeld te skep.
Die inhoud behels onder andere:
Algemene ontwerpidees
Die kleurwiel in die teorie en praktyk
Individuele kleure met hul kombinasies
Voorstelle vir aanplanting
. Volledige plantlyste met botaniese en volksname, kleure en blomtye, asook bondige kweekinligting
En nog baie meer.
Kleur in jou tuin is nie net van onskatbare waarde vir groentjies wat 'n tuin van die begin af beplan nie, maar ook vir gesoute tuiniers op soek na nuwe idees en inspirasie. Dit sal 'n welkome toevoeging tot die boekrak van enige tuinliefhebber wees.
Sagteband in baie goeie kondisie
BBGI

Condition: Good

Investment

R35.00