Back to Store

Bee's Books

Die Daniël- Plan
Zoom
Good

Die Daniël- Plan

By Rick Warren

Synopsis

God het ons liggame geskep om gesond te wees, en alles voorsien wat ons nodig het om 'n waarlik oorvloedige lewe te leef. Met die hulp van mediese en fiksheidskenners het Rick Warren en duisende mense van sy gemeente by Saddleback Church op 'n reis vertrek wat hulle lewens verander het. Die resultaat: 15 000 mense het meer as 115 000 kilogram in die eerste jaar verloor. Maar die veranderinge in mense se lewens het baie verder gegaan as die kilogramme wat hulle verloor het.
Die Daniël-plan deur Rick Warren, dr. Daniel Amen en dr. Mark Hyman is baie meer as 'n dieetplan. Dit is 'n lekker benadering tot 'n gesonde leefwyse waar mense aangemoedig word om saam gesonder te leef deur die vyf elemente van geloof, kos, fiksheid, fokus en vriende ten beste te benut.
Anders as duisende ander boeke op die mark, gaan hierdie boek nie oor die nuutste mode-dieet of oefen- of uithongersessies wat deur 'n skuldgevoel gedryf word nie. Die Daniël-plan wys jou hoe die vyf elemente jou lewe vir altyd kan verander ... een keuse op 'n slag. Die konsepte in hierdie boek sal jou aanmoedig om jou verhouding met God te verdiep en 'n groep ondersteunende vriende te kry wat jou elke dag sal aanspoor om gesonde keuses te maak. Dit sal lei tot geleidelike veranderinge wat jou lewe totaal sal omvorm.
Sagteband
Amper soos nuut
BBNY

Condition: Good

Investment

R30.00