Back to Store

Bee's Books

Een Ligjaar
Zoom
Good

Een Ligjaar

By Maretha Maartens

Synopsis

Sy is die dogter van 'n predikant, hy die seun van een van haar pa se probleemgevalle. Sy is 'n begaafde universiteitstudent, hy 'n mynwerker. En hulle kry mekaar lief.
Haar ouers se keuse vir haar is Ludwig, die seun van vriende van hulle. Ludwig hou ook vol dat hulle beter by mekaar pas as sy en Wynand: „Ons kom uit dieselfde soort huise, Maryke," is sy argument.
Maar Maryke is wyser as dit:,,As verhoudings so uitgewerk kon geword het, sou daar al lankal 'n komper gewees het om die regte ou by die regte meisie uit te bring."
Hulle wil trou, maar haar ouers wil hê dat hulle nog 'n bietjie moet wag. Maar dan gebeur daar iets wat maak dat Wynand die klein wit ster van die liefde gouer vir haar gee, en saam kan hulle ontdek dat die kleur van lig die liefde is.
Hierdie aangrypende verhaal van Maretha Maartens is die wenner van die landwye verhaalwedstryd wat deur J.P. van der Walt en Seun uitgeskryf is om die veertigste bestaansjaar van die maatskappy te gedenk.
Hardeband
Algehele gemiddelde kondisie

Condition: Good

Investment

R35.00