Die Ribeiro-Afspraak
By Calvin van Niekerk
Synopsis
Superspanning
Uit die bloute ontvang Manus Rieckert 'n boodskap van 'n meisie wat hy 'n jaar laas gesien het. Elna Maritz laat weet dat dit goed gaan met haar maar niemand weet waar sy is nie en haar boodskap klink na 'n hulpkreet. Dit blyk dat die beeldskone Elna, 'n lugwaardin, skielik baie geld gehad het om te verkwis kort nadat sy 'n afspraak gemaak het met ene Luiz Ribeiro, 'n man met 'n vreemde voorliefde vir lugwaardinne. Manus begin snuffel en ontmoet die geheimsinnige Trix, wat hom iets wil vertel van Elna en Ribeiro en gewelddadig sterf voordat sy dit kan doen. Elna het in Londen verdwyn en Manus gaan daarheen. Die spoor lei deur 'n dobbeines in Soho en dit word hardhandig aan sy verstand gebring dat sy nuuskierigheid onwelkom en uiters gevaarlik is. Ribeiro se naam duik op, en dan Ribeiro self. 'n Fortuin van miljoene rand is op die spel. Uiteindelik is dit Manus wat 'n afspraak met Ribeiro reel en hierdie keer loop dit uit op 'n konfrontasie van bloedige, gewetenlose geweld.
Condition: Good
Investment
R35.00