Back to Store

Bee's Books

Vier Mans en 'n Hartedief
Zoom
Good

Vier Mans en 'n Hartedief

By Nita Griessel

Synopsis

Die mooie Franzine Mocke se vrolikheid oor haar naderende vakansie verander gou in algehele verbystering. By haar bestemming aangekom, ontdek sy dat haar altyd netjiese oom Doepie se woonstel deurmekaar en stowwerig is en dat hy spoorloos verdwyn het. Boonop daag daar vier vreemde mans op wat sê dat hulle nog nooit van hom gehoor het nie en dat dit húlle woonstel is.
Al haar verduidelikings help niks en ten einde hulle planne nie te verongeluk nie, word Franzine teen haar sin deur die vier skattejagters saamgesleep na hulle boot waar sy kok moet speel. Franzine is egter nie verniet 'n rooikop nie en uit pure hardkoppigheid doen sy haar bes om hulle planne in die wiele te ry.
Buitendien is daar heelwat raaisels wat opgelos moet word en sy moet probeer uitvind wat van haar geliefde oom Doepie geword het..
Franzine is so besig om met hierdie probleme te worstel dat, toe sy haar kom kry, die vier bemanningslede van Die Kraaines diep in haar hart gekruip het.
Voordat sy dit besef, boemerang haar wraakplanne en verloor sy haar hart ...
Vier mans en 'n hartedief deur Nita Griessel is 'n sprankelende liefdesverhaal wat elke bewonderaar van dié gewilde skryfster opnuut sal bekoor!

Condition: Good

Investment

R35.00