Back to Store

Bee's Books

Afrikaans 100: 'n Klein gedenkboek
Zoom
Good

Afrikaans 100: 'n Klein gedenkboek

By Alba Bouwer

Synopsis

Vir die Afrikaanse taalfeeste van 1975 bied Tafelberg-Uitgewers'n hele reeks publikasies aan. Spesifiek oor die Eerste Afrikaanse Taal-beweging is daar boeke soos Louis Henri Meurant: 'n Vroeë Afrikaanse joernalis deur G. S. Nienaber, Dr. Arnoldus Pannevis: Vader van die Afrikaanse taal deur P. J. Nienaber, Notules van die Genootskap van Regte Afrikaners 1875-1876 versorg deur P. J. Nienaber en Die Afrikaanse Patriot: 'n Faksimilee-weergawe van die eerste jaargang, 1876 versorg deur G. S. Nienaber, en oorsigtelik, Die Afrikaanse letterkunde in beeld saamgestel deur A. P. Grové en P. J. Nienaber.
Tog het Tafelberg gevoel dat nog 'n boek nodig is: 'n oorsig van die merkwaardige geskiedenis van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging vir kinders, en dan liefs toegelig met die beste beskikbare foto's. Die uitgewer ag hom besonder gelukkig dat een van ons heel beste skrywers van kinderboeke, Alba Bouwer ('n trotse oud-Paarliet), ingestem het om die byskrifte te skryf.
Daarby ons opregte dank aan die onvermoeibare prof. P. J. Nienaber en mnr. Ivan Hansen van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, wat die meeste foto's verskaf het, waarvan etlikes vir die eerste keer in dié boek gepubliseer word. Die Afrikaanse Taalmuseum (Huis Gideon Malherbe) het ook 'n paar seldsame foto's tot ons beskikking gestel.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R75.00