Back to Store

Bee's Books

'n Vriend vir altyd: Honderde Hondestories
Zoom
Good

'n Vriend vir altyd: Honderde Hondestories

By Hennie van Deventer

Synopsis

SLIM HONDE. sjarmante honde, skattige
honde... ondernemende honde, onver-skrokke honde, onhebbelike honde en dan ook nog doodgewone honde wat, met permissie gesê, skoon bedinges kan raak! Dié wat hulle onderskei het as natneus-nuusmakers, kom hier tot hulle reg.
'n Goeie hondestorie is 'n joernalistieke treffer - dikwels 'n paspoort tot die voorblad. Want te midde van koerant-berigte wat, van hoek tot kant, elke dag se rampe en ellen-des beskryf, bring 'n lekker hondestorie telkens 'n warm gevoel van weldadigheid om die hart. En hier is die heel bestes van hulle byeengebring, met die belofte dat geen hondeliefhebber sal klaarlees sonder om 'n paar trane te stort nie en dikwels ook trane van die lag.
HENNIE VAN DEVENTER was 36 jaar lank koerant-man, die laaste 6 daarvan as lid van die senior hoofbestuur van die Nasionale Pers met die verantwoordelikheid vir die groep se koerante. Hy is die welbekende skrywer van Scoops en skandes, Flaters en kraters, Oos, wes-reismoles! en Kroniek van 'n koerantman. Hy en sy vrou, Tokkie, woon op Melkbosstrand.
BBOld

Condition: Like New

Investment

R30.00