Back to Store

Bee's Books

Dalk gaan niks verlore nie
Zoom
Good

Dalk gaan niks verlore nie

By Hennie Aucamp

Synopsis

elders in die bundel as "verdigsel" aangebied word: as kortverhaal, monoloog, as essay wat oorgaan in verhaal.
Deur die bundel heen kom talle voorbeelde voor van hoe 'n belese, berese, skrywende mens se "persoonlike visie... bewustelik, half-bewustelik en onbewustelik gevoed word deur eeue en eeue kultuur". Die belewing van byvoorbeeld 'n landstreek kan "gekondisioneer" word deur die skilders en skrywers wat voor jou daarna gekyk het of dit nou die Karoo deur die oë van Van Wyk Louw en Olive Schreiner is, of die Boland soos gesien deur Hugo Naudé. Jy onthou 'n skildery of haal 'n skrywer aan, en so leef die kunswerk voort.
In Dalk gaan niks verlore nie is al die soorte woordkuns wat Hennie Aucamp al beoefen het, verteenwoordig. Dit is dus in sekere sin 'n voortsetting. Maar dit is ook "anders": Nog nooit het hy inter-tekstualiteit so ontgin nie, of die verhouding essay en verhaal so ondersoek nie. Dit is ook sy sterkste outobiografiese werk tot op hede: 'n sonderlinge insae in die leefwêreld van een van ons belangrikste skrywers.
Danie Botha
Hardeband
Goeie kondisie
ESSAYS

Condition: Good

Investment

R50.00