Die oop deur
By Corlia Fourie
Synopsis
"Ek wonder wat mense in ander tye van ons gaan dink." Julie, 'n verslaggewer by 'n koerant in Kaapstad, besef op 'n dag dat ál wat van haar ma se jongmeisie- tyd in die veertigerjare oorgebly het, ou foto's en staaltjies is. Is dit ook al wat van háár tyd gaan oorbly?
Net stukkies onthou?
Julie en haar vriende leef in die onstuimige, rumoerige jare sestig, jare waarin ou tradisies en waardes oor- boord gegooi word. Dis ook 'n tydperk waarin baie jong mense die dogmas waarmee hul grootgeword het, kon- fronteer en herinterpreteer.
Op boeiende en leesbare wyse weef Corlia Fourie hier 'n tapisserie van die wel en wee van Julie, haar niggie Suzette, asook hul vriende- kring. Elkeen van hulle soek op sy eie manier na geluk, en elkeen, in sy eie klein krisis-en-katarsis, gryp die leser aan.
Voorblad begin lostrek. Kan maklik heelgemaak word. Geen los blaaie.
Condition: Fair
Investment
R35.00