Vir 'n pers huis
By Karin Cronjé
Synopsis
Met die dat die maestro haar in sy bed kry, gaan daar vir haar meer oop as die sluise van haar hormone:
'n wêreld waar Sko'ma en haar gekwelde ouers, die afgetrokke man, die netjies weggepakte verlede, die hele geordende ou spul, nie goed sit nie. En begin sy 'n reis van ekstase en wanhoop, obsessies en illusies - déúr die stormsee van haar gemoed en dié van die mense in haar lewe.
Met wrang humor en onbevange eerlikheid gee Karin Cronjé in haar debuutroman die leser 'n seldsame blik in die onpeilbare innerlike en lyflike lewe van 'n vrou, en slaag sy daarin om die verborge en skandelike te transformeer in 'n viering van die krag van die lewe.
Dis die wins van hierdie roman dat dit met soveel gees- drif en energie óópskryf wat selfs tot onlangs toe in Afrikaans nog met doekies om benader is -André P. Brink
Condition: Good
Investment
R40.00