Back to Store

Bee's Books

Hemelhel
Zoom
Good SKU: H30285

Hemelhel

By Martinus de Beer

Synopsis

In die hartjie van die Vrystaat is daar 'n plek waar die hemel en die hel bymekaarkom. Dit is 'n netjies versorgde huis met 'n wit muur daarom. Agter die muur ontvou verhale waarvan bitter min mense ooit hoor. Die huis met die wit muur is 'n kliniek vir depressielyers.
In Hemelhel stap jy saam met 'n jong pasiënt die kliniek binne, en jy ervaar hierdie onbekende, afgeslote wêreld deur sy oë. Op sy gemaak weerbarstige manier ondergaan jy al die roetines, sien die personeel en ander pasiënte uit sy sardoniese perspektief en beleef sy grille, sy gemoedskommelings en vertwyfeling. Die aantal weke in die kliniek word 'n meesleurende verhaal dit word die ontdekking van 'n wêreld.
Die krag van Martinus de Beer se debuut lê daarin dat dit die lewe uit die perspektief van die depressielyer vir jou nuut maak. Dit gebeur op so 'n wyse dat die leser, soos die verteller, swaar afskeid neem van hierdie kliniek waar dit vir 'n wyle moontlik was om hemel en hel saam te verduur.

Condition: Good

Investment

R55.00