Back to Store

Bee's Books

Dierbare Despiot
Zoom
Good

Dierbare Despiot

By M.L. Cronje

Synopsis

Toe die beeldskone Mieke Lombard by Haufmann en Boulanger begin werk het, het haar boesemvriendin en woon-stelmaat Karlien haar gewaarsku om nie haar hart te verloor op veral twee mans in die onderneming nie. Die een is die groot-baas self, Gustav Boulanger: verwoestend aantreklik, maar so befoeterd soos tien. Die ander een is die besturende direkteur, Charl Beyers, met 'n ongure reputasie wanneer dit by die sko-ner geslag kom.
Karlien se waarskuwings ten spyt raak Mieke romanties betrokke by Charl Beyers, en voor sy haar oë kan uitvee, is haar reputasie in die maatskappy daarmee heen. Dit blyk dat Charl aan Gustav Boulanger se suster verloof is en dat hy Mieke heel-tyd om die bos gelei het. Hy word Duitsland toe verplaas en doen niks om Mieke se reputasie te herstel nie.
Om alles te vererger, vind Mieke uit dat sy as Gustav Boulanger se persoonlike assistent aangestel is en nou direk met hom moet saamwerk!
M.-L. Cronjé se Dierbare despoot is heerlik romantiese leesstof uit die boonste rakke.
Hardeband in uitstekende kondisie
BBAF

Condition: Good

Investment

R25.00