Back to Store

Bee's Books

Dans van die Albatros
Zoom
Good

Dans van die Albatros

By Vincent van der Westhuizen

Synopsis

Eens op 'n tyd was hulle kinders op 'n klein plattelandse dorpie waar hul saam gedroom en saam grootgeword het. Van die begin af het Loret Swanepoel en Wouter de Klerk mekaar liefgehad, maar toe het die skeiding gekom. Dit het so 'n groot wig tussen hulle ingeslaan dat selfs hul liefde die verwydering nie kon oorbrug nie. Daardie eerste liefde wat so maklik deur die winde van die lewe soos dooie blare weggewaai word... Loret het 'n blink ster in die wêreld van die ballet geword. Sy het die toppunt bereik daar waar dit hoog en eensaam is. Glans en glorie was hare; nie net in haar eie land nie, maar ook oorsee. Toe was sy nie meer Loret van daardie klein dorpie nie; sy was Natasha Varsevina wat aan die wêreld behoort het. Maar een of ander tyd verdof selfs die blinkste ster. En Wouter... Hy het baie jare die skewe paadjie geloop, maar toe meteens sy voete gevind. Eers het hy sommer net populêre liedjies gekomponeer, maar sy ster het stadig maar seker groter begin word. Hy en Loret se lewenspaaie het weer gekruis en hy wou haar van ondergang red, maar sy eie swakheid was toe nog 'n te swaar las om te dra. En toe het Wouter in 'n oomblik van uit-styging sy groot werk gekomponeer Dans van die Albatros! Hy het dit net vir Loret gekomponeer, maar..٠٠ Hierdie boek is 'n verhaal deur 'n bekende skrywer wat soms met die taal van 'n digter teken en vertel. Dit is 'n roman wat meer as die gewone aanbied.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R20.00