Die Reus van Doringberg
By H.J. Vermaas
Synopsis
„Soos hy daar staan, fier en trots, boesem hy vrees by elkeen in. En elkeen weet dat hy sy eie doodvonnis gevel het. Doringberg Wouter is 'n bedorwe bul.. Nou wag daar net die koeël..." Maar 'n vereensaamde kruppel kind, Woutertjie Volschenk, het die magtige Afrikanerbul vereer as die getrouste en verdraagsaamste vriend wat hy ooit geken het. Dit het sy dierbares op die Vrystaatse plaas almal geweet.
Sy ouers, sy broers, sy onder-
wyseres en selfs sy kruppel
maatjie Driekus, kon nie die
gemis in Wouter se lewe aanvul
soos slegs die Doringbergse reus dit kon doen nie. Maar Doringberg Wouter, die kampioen en trotse heerser oor die Doringbergse kudde, was nie meer die astrante kalfie wat Woutertjie hans grootgemaak het nie. Hy was 'n verpletterende kolos wie se uitbundige krag 'n bedreiging vir iedereen was.
Doringberg Wouter moes sterf. Die Reus van Doringberg is 'n uitsonderlike vertelling wat in die smaak van elke jongmens sal val.
Stofomslag: Helmut Starcke
Hardeband
Slytasie aan die stofomslag, naam voorin geskryf, potloodaantekeninge en begin van natuurlike geelvlekke.
Condition: Good
Investment
R20.00