Back to Store

Bee's Books

En die Oranje Vloei Verby
Zoom
Good

En die Oranje Vloei Verby

By Sangiro

Synopsis

In En die Oranje vloei verby gee San-giro tien sketse van die lewe in die dor streke van Namakwaland en Namibië. As romantikus en "digter" van die oerwoud, reis hy dié keer in die harde "woestyn"-wêreld van die Hobsons rond.
Sangiro kyk egter nie net na die land met sy droogte en ontberinge nie, maar as fyn waarnemer van die natuur kyk hy diep en indringend. Hy ontdek die geheime van dié wêreld en sy mense: "Maar ook Namutoni het sy stukkie romantiek, en meer as een be-soeker het homself seker al afgevra watter geskiedenis hom kon afg speel het agter daardie wit mure wat nou so stil en onwerklik in die bewende gloed van die middag lê, asof hier inderdaad die rus van Afrika nooit gesteur kon gewees het nie."
Dit gaan Sangiro dikwels meer om die mens as om die landskap. In geestige trant vertel hy van die taaiheid van die Boesmanlander wat, "as hy 'n ge-seënde ouderdom bereik en baie nat-tigheid kan verduur, in sy tydspan maklik vyf of ses goeie reënjare be-lewe", van rondtrekkende skaap-skeerders en van die land en sy inwo-ners waar die instelling van verpligte onderwys "byna die belangrikheid van 'n staatsgreep" verkry het. Met gevoel en warmte word mense soos oom Giel van Namakwaland, Oom Gert Koppies en ou Koos van Een-saamheid geskets.
In En die Oranje vloei verby beskryf Sangiro die Namakwalanders en hulle land op só 'n manier dat hulle mense-tipes word wat nes in die werklik-heid-moeilik is om weer te vergeet!
Hardeband
Baie slytasie aan die stofomslag, verder in netjiese en goeie kondisie

Condition: Good

Investment

R20.00