Partytjiepret
By Carien Hoffman
Synopsis
Om 'n kinderpartytjie te reël verg heelwat tyd, energie én moeite. Hier is nou 'n kortpad-antwoord propvol praktiese raad wat waarborg om elke ma se lewe makliker te maak.
Partytjiepret bevat 'n heerlike verskeidenheid oorspronklike verjaardagkoeke vir meisies en seuns, elkeen stap vir stap beskryf en in volkleur geïllustreer, By elke koek word allerlei blink idees en slim wenke verskaf: hoe om die tafel en vertrek te versier om by die tema te pas, watter speletjies om te speel, watter eetgoed vir die maats en die ma's voorgesit kan word.
Met talryke wenke vir flatervrye beplanning, smullekker partytjiekos vir jonk en oud, en 'n menigte speletjies vir alle ouderdomme en situasies, sal hierdie handige gids help om jou kind se verjaardae onvergeetlik te maak.
'n Absolute moet vir elke ma met 'n kind tussen 1 en 12!
Sagteband
BBBK
Condition: Good
Investment
R35.00