Goud in die Son
By C.F. Beyers-Boshoff
Synopsis
Johannesburg in die dae toe hy nog jonk was 'n delwersdorpie, ruwe manne, naghole met 'n dol lewenstempo, drome van rykdom en die goud by die punt van die reënboog. Dit is die agtergrond waarteen hierdie verhaal afspeel. Dit is die verhaal van 'n jong man, Koert van Duyn, wat uit die wydheid van die stil vlakte met sy waaigras en soetdoringbome kom om in die delwerskamp 'n nuwe wêreld te ontdek - 'n wêreld met die glans van goud, van leef vir die moment, van belofte en teleurstelling. Hier het hy in 'n draaikolk van gebeure beland waaruit hy nie kon ontsnap nie. Dit het hom weggevoer na 'n nuwe bestaan, al verder van Clara af - die meisie wat hy daar op die wye vlakte agtergelaat het.
Geluk het na sy kant toe oorgeleun, want hy het nie net goud gevind nie, maar ook vir Linn Russell, 'n meisie wat die bloed in enige man se are warm maak. Maar daar was Clara
GOUD IN DIE SON is 'n roman wat die drifte van die mens uitbeeld en die lewe teken soos wat hy is sy geluk, sy mistasting en sy oomblik van helderheid; daardie helderheid wat goud in die sonlig plaas.
Hardeband
Baie slytasie aan stofomslag
Die boek is heel en skoon maar bevat baie tekens van ouderdom en gebruik en is nie geskik vir versamelaars nie.
Condition: Fair
Investment
R10.00