Back to Store

Bee's Books

Thaba Ya Moya: Berg van die Wind
Zoom
Good

Thaba Ya Moya: Berg van die Wind

By Ella Eloff van der Walt

Synopsis

Annatjie en Kobus het mekaar in Duitsland ontmoet waar albei besig was met verdere studies. Annatjie het sang en musiek studeer, terwyl Kobus hom as mediese dokter be-kwaam het. Albei het pas hulle studies voltooi en hulle sou binnekort na hul vaderland terugkeer. Vir hierdie twee jong mense, maar veral vir Kobus, was dit liefde met die eerste oogopslag en nog voordat hulle op hul terug-reis na Suid-Afrika vertrek, het Kobus vir Annatjie oorgehaal om met hom te trou.
Alhoewel hulle dolverlief was, was daar tog ook verskille in hul geaardhede wat vir Anna-tjie gehinder het. Kobus was lief vir die groot stad met sy gewoel en jolyt, terwyl sy self 'n voorliefde vir die platteland en die natuur het. Kobus het 'n praktyk in die klein Noord-Transvaalse dorpie Sitroenspruit gekoop in dieselfde omgewing waar Annatjie opgegroei het en waar haar bejaarde moeder steeds gewoon het. Kobus het hom egter voorge-neem dat hierdie klein begin maar net sy wegspringplek wou wees; hy sou later na sy geliefde Kaapstad terugkeer.
Nog in die buiteland het Annatjie reeds haar begeerte teenoor Kobus uitgespreek, dat haar moeder by hulle sou tuis gaan; iets waarmee Kobus nie juis genoeƫ geneem het nie. Wrywing tussen die jonggetroudes het dan ook nie uitgebly nie en tussen twee mense met sulke uiteenlopende sieninge van die lewe, moes konflik en botsing onver-mydelik volg. Jare van lyding en moeilike aanpassing, jare van opoffering en toewyding sou volg, alvorens Annatjie en Kobus as ryper en gelouterde mense uit die stryd kon tree.
Na sestien jaar van stilswye is 'n nuwe boek van die eertydse baie gewilde Ella Eloff-van der Walt iets om na uit te sien. Om met haar ses en sewentigste verjaardag saam te val word hierdie heerlike pennevrug aan u gebied om te geniet.
Hardeband nostalgiese boek
Netjiese kopie. Sien foto's vir kondisie
Nie geskik vir versamelaars
BBAF

Condition: Fair

Investment

R10.00