Ewig Hou die Berge Wag
By Ela Spence
Synopsis
Net soos die berge agter hulle huis nog maar altyd deel uitgemaak het van Ilse se lewe, so ook was Japie Tennant nog altyd daar vir so ver terug as wat sy kon onthou. Dit was of hy en die berge onafskeidbaar bymekaar behoort het. en tegelykertyd aan haar behoort het. Sy het dit met die vanselfprekendheid van die kommerlose jeug aanvaar dat dit in die toekoms ook altyd die geval sou wees sy, hy en die berge ... want sy het hom liefgehad en sy het geweet dat hy haar ook liefhet. So sterk soos die ewige berge was hulle liefde vir mekaar, en so 'n liefde kon tog nooit kwyn of vergaan nie.
Maar Ilse het vergeet dat die berge nie slegs bestaan uit kruine waar die sonlig goud blink nie, maar dat dit ook klowe het waar dit koud en klam is omdat die kranse die lewegewende sonlig daar-van wegkeer. En so kan dit ook gaan met 'n groot liefde, selfs met 'n liefde so ewig soos die berge self.
Ilse en Japie het gretig gewag op die dag wanneer sy haar een-en-twintigste verjaarsdag sou vier, want op daardie dag sou hulle ook hul verlowing aan-kondig. Maar voordat daardie dag kon aanbreek, het iets gebeur wat hulle van mekaar sou dryf en wat vir Ilse op onbe-kende paaie sou voer. En altyd het sy haar geliefde berge opgesoek... in die Kaap, selfs tot in Switserland. en het sy daar vertroosting gevind, het sy gebid:,,Ek slaan my oë op na die berge..."
Hierdie is die tere verhaal van 'n groot liefde, van pyn en hartseer, van lyding en verbittering .. en van hoop, geloof en oorwinning. Dit dra 'n boodskap wat so oud soos die berge self is, maar 'n boodskap wat te dikwels vergete bly: die boodskap van liefde.
Hardeband
Lekker-lees kopie
Baie slytasie aan die stofomslag, en geel kleefbandvlekke en ander merke op die eindblaaie. Verder heel en netjies.
Nie geskik vir versamelaars
BBAF
Condition: Fair
Investment
R10.00