Back to Store

Bee's Books

Splinters van Spieël en Klip
Zoom
Good

Splinters van Spieël en Klip

By Annico van Vuuren

Synopsis

Klein Dawid weet nie of Pa-Martiens sy werklike pa is nie. Maar die kind van Ma-Kate wat hom "hoerdoppie" noem, is hy gewis nie. En waar is sy Hemelse Vader dat hy Hom kan sien? Hy soek 'n vader, maar kry net die Alsiende Oog wat hom uit die portretraam aanstaar.
Dawid, aan die einde van die negentiende eeu in die Oos-Transvaal, het dit nie maklik nie. Boonop broei daar oorlog. Én hy kan sy mond nie laat oorloop van die liefde waarvan sy hart vol is nie sy liefde vir Johanna wat dalk sy suster is - want hy is stom.
Hy is stom omdat hy eendag, toe daar twee geweerskote klap, moes skree om te waarsku, maar nie kon nie. Nou loop Dawid 'n enkeling se pad, maar hy loop dit moedig, en maar altyd weer terug na mense toe: déúr die Engelse Oorlog, maar hy ontferm hom oor oorlogswesies; na die goudvelde, maar hy deel sy rykdom; na die krotbuurte van die jong Johannesburg,
maar hy bring seën aan die veragterdes. en Met hierdie epiese vertelling leef die skryfster saam met Dawid in die hart van gewone Afrikaners vroeg in die twintigste eeu laat sy hom, soos sy mense, opstaan in 'n onoorwinlike geloof.
Sagteband
BBAF

Condition: Good

Investment

R35.00