Pluk vir my 'n Ster
By Mariki Wessels
Synopsis
Hv was 'n baie gewilde popsanger oor wie die moderne jeug gaande was, maar sy het dit nie geweet nie. Want Lize was anders as die jong mense van haar tyd. Lize het baie beskermd opgegroei in die huis van haar welgestelde ouers waar sy al haar vrye tyd by haar klavier deurgebring het en haar in die geskiedenis van die klas- sieke meesters verdiep het.
Drie eindelose jare sou verloop nadat Lize en Kris Leeman een onvergeetlike maanlignag saam deurgebring het. Drie jaar waarin Lize aan 'n verlore droom vasgeklou het, totdat die ongelooflike werklikheid haar verpletter het. Totdat sy drie jaar later by die matrieks op die klein dorpie Kranskop die verskil tussen pop-en klassieke musiek wou tuis bring.
Op Kranskop het Lize gedink, sou sy kon vergeet van daardie maanlignag, maar . . . in 'n musiekwinkel sou sy tot die besef kom dat mens tog nie van die verlede kan ontvlug nie. Later in haar sitkamer haal sy die plaat van die draaitafel af... stadig, soos 'n oumens wat moeg is, glip sy dit in die omslag en plaas dit in die platerak. Dis dood in haar. Sy voel leeg en koud. Ander- dag, dink sy, sal sy na die plaat luister. Wanneer sv weer kan voel. Dalk sal sv dan kan lag oor 'n leƫ droom wat sy vir drie aar lank vertroetel het
Met al haar kraqte het Lize haar in haar werk verdiep. Met oorqawe het sv voor die matriekklas gestaan, en vir hulle van die groot meesters vertel wat deur die jare hulle roem bly behou het en nie soos 'n verskietende ster is wat sy glans weer gou verloor nie.
En net toe Lize meen dat sv vir Kris Leeman vir goed uit haar gestel gewerk het, toe kom die nuus van die konsert op Pjetersburg waaroor die hele Noorde gaande was. Later sou Lize voor haar
Hardeband
Bevat tekens van gebruik
Nie geskik vir versamelaars
BBAF
Condition: Good
Investment
R10.00