Back to Store

Bee's Books

Ouma in Kaneel
Zoom
Good

Ouma in Kaneel

By Nina Smit

Synopsis

'n Ouma word op dieselfde dag as haar kleinkind gebore. En dit maak nie saak hoeveel sy na hierdie spesiale dag uitgesien het of hoeveel sy in die verlede ánder oumas beny het nie (of selfs dat sy half opgesien het teen hierdie ouma-wordery nie) - oumaskap vang 'n mens áltyd onkant. Dit is véél meer besonders en baie wonderliker as wat jy jou dit in jou wildste drome kon voorstel. Die dag wanneer jy jou kleinkind in jou arms vashou, word daar 'n band gesmee wat vir die res van jou lewe sal hou. Dit word 'n herinneringsnoer van eerstes - veral die eerste keer wanneer hy of sy "Ouma" sê.
Agter in hierdie besonderse boek is daar dan ook ruimte waar jy al jou kleinkinders se pittige sêgoed of jou eie notas kan neerskryf en só van hierdie boek 'n uitsonderlike erfstuk maak.
Ouma in kaneel is 'n boek met stories, kwinkslae, grappies, maar ook ernstige gebede en wenke om die spesiale lekker van oumawees nóg lekkerder te maak.
Sagteband
BBAF

Condition: Good

Investment

R20.00