Back to Store

Bee's Books

Van jou Jas
Zoom
Good

Van jou Jas

By Marita van der Vyver

Synopsis

"Maar wag, ek skryf nie om jou te laat dink ons kry vreeslik swaar en huil heeldag nie. Ek wil jou ook nie skuldig laat voel oor jy vir Ma geskei het nie. Ek wou jou eintlik van gister vertel het... Ja, dit was 'n goeie verjaardag."
In die 366 skrikkeljaardae tussen haar vyftiende en ses-tiende verjaardag het daar groot en belangrike dinge in Sonja Vorster se lewe gebeur: haar pa het weer pa geword, haar ma het vir die eerste keer 'n vreemde man huis toe gebring om hulle kinders se goedkeuring te kry, en haar broer Dewald het vir die eerste keer 'n meisie vir sy ma kom wys. Ilse, haar suster, het 'n liefdesteleurstelling gehad, en sy wat Sonja is, het saam met Leon na sy matriekafskeid gegaan. Ook het Yashvin, ofte wel Jas, in die Kaap begin skoolgaan en gaandeweg kry hulle vriendskap 'n ander betekenis.
Maar as Sonja terugdink en weer die ongeposte briewe lees wat sy die afgelope jaar geskryf het, weet sy dis eintlik die alledaagse dingetjies wat die lekkerste was en dat dit dié "onbelangrike" gebeurtenissies was wat hierdie lewensjaar so besonders gemaak het.
En noudat sy amper-amper sestien is, kan sy haar nie voor-stel wat tot haar sewentiende verjaardag sal gebeur nie. Al wat sy weet, is dat die Slapende Skoonheid sestien was toe haar prins haar wakker gesoen het...
"En as dit met háár kon gebeur, kan enigiets, enigiets mos van môre af met my gebeur!"
Sagteband
BBAF
BBWOMENSMONTH

Condition: Good

Investment

R60.00