Ester
By Kerneels Breytenbach
Synopsis
KONSTABEL BENTLEY sal tot op sy sterfbed vertel dat sy vir hom gelyk het soos die boegbeeld op 'n outydse seilskip - "beeldskoon, haar rok wat om haar knie in die ligte briesie beweeg. Waar ek gestaan het, het dit gelyk asof sy bo-oor ons koppe kyk. haar oë op die toekoms gefokus."
'n Ontmoeting in 1940 tussen Dr D.F. Malan en 'n Duitse spioen, mev Thyra Denk, is die inspirasie vir hierdie meesleurende roman oor 'n verbode passie en 'n politieke intrige.
In, 1946 kry Dieter Bergman, 'n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein te vergesel van Windhoek na Kaapstad, waar sy voor 'n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi's meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken.
Tussen die privaat ruimtes van die kompartemente en die kommunale ruimtes van die gange en die eetwa speel daar tydens hierdie lang treinreis 'n donker, spanningsvolle maar ook sensuele verhaal af. Ontstaan daar nuwe gevoelens van agterdog én van vriendskap, vlam wellus én liefde op, word die gereg gehandhaaf.
Én gedwarsboom...
Sagteband
BBAF
BBWOMENSMONTH
Condition: Good
Investment
R75.00