Ons wag op die Kaptein
By Elsa Joubert
Synopsis
Die Transvaler, 15 Maart 1961:
'n Portugese ingenieur het gister vertel hoedat 'n swart bende van ongeveer 350 'n plaas in Noord-Angola aangeval het. Die bende het die 12 blankes op die plaas verhoor en hulle almal ter dood veroordeel. Voor die verhoor is die blankes aange-rand en mans, vrouens en kinders is qor die grond gesleep. Die leiers van die bende het Frans gepraat. Die "verhoor" is 'n hele paar keer uitgestel, omdat die bende gewag het op die aankoms van 'n leier per vliegtuig uit die Kongo.
Waarom het Carlos Figueira se plantasiewerkers, sy "eic mense", in opstand gekom en in een dag alles vernietig wat hulle vir hom opgebou het? Hy het die "barbare" nie só sleg behandel nie, nie só vreeslik uitgebuit nie. Hulle het goeie kos gekry en klere op Kersdag; as sy sweep deur die lug gesny het, het hulle dadelik teruggestaan. Hy het net één van hulle dood-geslaan, maar dit was lank gelede.
Onbegrip tussen wit en swart lei tot wedersydse haat, verag-ting, misdaad... maar as die "leier", die groot kaptein, kom, sal albei aan hom rekenskap moet gee.
Dit word laat. Oor die afgebrande plantasies galm 'n dreuning wat die onheilspellende ritme van die trom verdring:
"Die kaptein kom!"
Vrees vir die oordeel dryf wit en swart nader na mekaar. Hulle drom aan weerskante van die hek saam. En met die hek tussen hulle groei die vrees tot angs:
"Ons moet iets doen! Ons moet met die kaptein praat maar wat kan ons vir hom sê?"
Die spanning in hierdie aktuele novelle is van die inset af so tasbaar soos die taai tropiese hitte van Angola en styg tot 'n hoogtepunt met die aankoms die aand van die swart kaptein uit die Kongo.
'n Boek wat die leser om die beurt skok, verontrus en ontroer.
Sagteband
BBAF
Condition: Good
Investment
R60.00