Elke Vrou vir Haarself
By Elize Parker
Synopsis
'n Meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Na hul pa se self-moord gaan werk die twee oudste susters, Nelia en Adri, by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar eers Adri en toe Nelia word deur Emmie verjaag na 'n uitval, en elkeen van hulle moet hul eie paadjie loop. Op 'n dag is ook Carine groot genoeg om vir haarself te besluit en nie in te val by Emmie se toekomsplanne vir haar nie.
Die drie vroue se pad is nie 'n maklike een nie en hulle moet talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word.
'n Verhaal wat teen 'n tempo loop en talle intriges en familiegeheime bevat. Dis alles hier: sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier.
Sagteband
Condition: Fair
Investment
R60.00