Ouverture op Overberg
By Ettie Bierman
Synopsis
Is dit romanties om met 'n man te trou wat jy nie liefhet nie en wat jóú nie liefhet nie? Kobie Coetzee het stellig met hierdie vraag geworstel toe die lewe haar feitlik gedwing het om met Johan Reyneke te trou - die man van die buurplaas wat sy skaars geken het en wat sy sekerlik nie liefgehad het nie.
Kobie het by haar broer dokter Pieter Coetzee en sy vrou Suzette gewoon nadat haar ouers oorlede is. Volgens haar oom Jakob se testament sou sy 'n plaas erf en haar broer sou 'n groot bedrag erf mits sy met Johan Reyneke trou. Sy het besluit dat sy dit sou doen om haar broer te help, want hy het baie studieskuld gehad en hy wou gaan spesialiseer. Maar sy het nie rekening gehou met Leane nie - die meisie aan wie Johan verloof was en wat hom nog liefgehad het. Sy het Thys Matthee ook buite rekening gelaat -Thys wat haar syne wou maak.
Die vonke het dus gespat - ook tussen haar en Johan. Eers toe sy iets ontdek het in verband met die dam wat Johan wou bou, het sy geweet waarom hy met haar getrou het. Hierdie ontdekking en die gebeure wat daaruit voortgespruit het, het haar lewe soos met 'n towerslag verander.
Ettie Bierman weet hoe om 'n liefdesverhaal te skryf, en hierdie pakkende roman is sekerlik een van haar beste treffers.
Hardeband met tekens van gebruik
Condition: Good
Investment
R40.00